Kom ek nou met 'n skok agter wat ons deur gemaak het en hoe besig ons was.
Eerstens my operasie, sjoe kan nie dink dit is al verby nie. Vandag is ek 'n nuwe mens, op en wakker met baie energie. - Motor het gebreek, dit was nogal vir jou 'n ding. - Suzaan was intussen in die Kaap en die reëlings daar moes gereël word. Toe kom haar matriek afskeid, waar ek ook 'n sug van verligting uitgeblaas het toe dit alles goed afgeloop het. Ek het intussen van werk verander maar moet by sê ek werk nogsteeds net 4 oggende 'n week. Het eers net 3 gewerk maar 4 werk vir my beter. Nou ja dit was maar net 'n klein bietjie gebeurtenisse, maar moet sê dat God nog elke dag aan die stuur was en ons in rigtings gestuur het wat vir ons net ter voordeel was, al het ons partykeer gewonder ''Hoekom en waarom'', het Hy vir ons die eind punt altyd die moeite werd gemaak. Daarom glo ek in my God met alles waaruit my lewe bestaan. Ek het soveel borrelende gevoelens wat ek wil deel, maar het nie 'n idee hoe om dit in woorde te om skep nie. - Ek weet 'n mens mag nie in die verlede leef nie maar partykeer as mens so sit en terug dink, dan kom alles, goed en kwaad weer by mens op en by seker herinneringe wil ek sommer net mense verwens, dan is daar net weer 'n besef, ek moet nie kwaad met kwaad vergeld nie, - gaan ek maar in gebed en bid vir die wat ons leed aan gedoen het, om hulle te seën en 'n gelukkige lewe te gee. - Dit werk - , want dan voel ek sommer beter.
So op 'n baie positiewe en ligte punt. - Soos ek in my vorige blog geskryf het, is dit vir ons nie moontlik om Desember maande weg te gaan nie, agv die besigheid. Met so rowe en besige jaar wat ons agter die rug het, het ons besluit om ons reëling aan te pas en die besigheid te sluit oor Kersfees en nuwe jaar, dan so bietjie die Kaap te gaan besoek. Hier het ek ook 'n gevoel wat net 'n moeder kan verstaan, want dit is die eerste keer wat ek en Marius alleen met vakansie gaan - sonder - enige kinders. Suzaan gaan met Matriek vakansie en ja.... daaroor wil ek nie eens praat nie, want ons moet laat gaan en haar veiligheid is die holte van die Here se hande los, maar dit is seker net normaal dat 'n ma bekommerd is. My oudste dogter Celinda bly nou al amper 2 jaar op haar eie en dit was al klaar vir my erg om haar te laat gaan en voel ek is nog nie eens oor dit nie nou kom die jongste een en moet ook nou haar eie pad stap. My troos in dit alles, is dat ons hulle in die weg van die Heer groot gemaak het en vertrou dat hulle die regte besluite in die lewe sal maak. Daar borrel ek weer - eindelik wil ek oor die vakansie praat....haha.
Ons is so opgewond oor ons Kaap trippie dat ek en Marius al skoon vakansie hou op die internet. Ons gaan soek al die dorpies op wat ons graag wil besoek en raak dan skoon in vervoering daarmee dat ons van die tyd vergeet en dan soos slapende wandelaars die volgende oggend voel. Ouma en Oupa gaan elke jaar Kaap toe, ons het toe besluit om vir 'n paar dae ook by hulle aan te sluit, siestog die ouderdom begin hulle ook nou in haal, en daarom wil ons hulle bietjie gaan bederf. Op die Barnard se erf word daar nou net van die Kaap gepraat, Karavaan en tente moet voorbrei word en alles wat moet saam word op 'n lysie geskryf.
Ons kan net vir God dankie sê elke dag dat hy ons die jaar deur gespaar het om ons vakansie nog met oorgawe en geluk te kan reël, en dat hy ons nog vir mekaar gespaar het om dit saam te kan geniet.
Die lewe sterf as jy ophou DROOM
Hoop sterf as jy ophou GLO
Liefde sterf as jy ophou OMGEE..
Dus, vir vandag, droom, glo, gee om…..en LÉÉF
Welkom terug :-). Ken daai gevoel van die nuutste een wat uit die nes moet gaan. Nelmari ook al ernstig besig met haar reelings vir vlg jaar op univ
ReplyDeleteSo lekker dat jy weer aan die gesels is!
ReplyDeleteJa, om die kinders te sien eie koers-inslaan, bly 'n slegte soort eksamen, né. Maar ek is so opgewonde omdat jy deur alles heen weet waar jou hulp vandaan kom, vriendin.
Geniet elke oomblik van die drooom oor die vakansie -- dis mos deel van die ding. Raak skoon meegevoer.
Ai Sandra ons moedertjies is mos maar so gevorm deur ons Groot Vaders om sulke dinge te kan hanteer, Dit is maar party keer net baie moeilik.
ReplyDeleteMariki, haha ja nee ek het nie agtergekom hoe lanklaas ek hier was nie. Dankie jong ons sien baie uit daarna en sal defnitief daarvan ook vir julle opsit.
ReplyDeleteGeseende Kersfees en Voerspoedege Nuwe Jaar! Nog 'n jaar verby, het so vinnig gegaan ne
ReplyDeleteSien jou volgende jaar Groete uit Australia
Rina www.pastandpresentstories.blogspot.com
Lekker gekuier hier, ek ook met n skok besef dat ek vir n jaar nie geblog het nie...
ReplyDelete