Thursday 29 July 2010

Vir my Dogter....

Aan my dierbare oudste dogter, Mamma en Pappa gaan jou mis, al is jy net 'n oproep en 10km ver is dit vir ons nog erg om te -weet- jy is nie meer in die huis nie, maar ons gun die werel vir jou, want ons weet ons het jou goed groot gemaak, en dat jy dit wat jy aanpak 'n sukses sal maak, jy is ons sterk kind wat 'n baie goeie oordeel het. Ons het altyd geweet die tyd sal kom waar jy oud genoeg is om jou vlerke te sprei, maar het dit nie so gou verwag nie. Ons is saam met jou opgewonde oor jou nuwe woonstel en jy moet dit baie geniet.



Die gebed is vir jou uit Chrsitain City....


"Dankie, HERE, dat U omgee vir hierdie dogter waarvoor ons intree;

Ontvou U volmaakte plan vir haar lewe sodat sy die doel wat U vir haar gegee het, sal vervul.
Ons verklaar dat sy in haar huis soos 'n vrugbare wingerdstok sal wees volgens psalm 128 vers 3;
Daar is baie knap vrouens, maar sy oortref almal volgens spreuke 32:29;
Mag haar lig voor die mense skyn sodat hull haar goeie werke kan sien
en julle Vader wat in die Hemel is, verheerlik word volgens mattheus 5 vers 16.
HERE, gee hierdie vrou wat haar hart begeer en help haar om haar doel te vervul volgens psalm 20:5.
AMEN."

Lief jou vir altyd.

3 comments:

  1. ag mammie, nou maak ma my huil hier by die werk.
    ek is opgewonde oor die onbekende. maar ek weet met ma en pa aan my sy sal ek die pad kan loop wat vir my voorgele is. ek het twee wonderlike ouers wat my met liefde en wysheid groot gemaak het tot die wil van onse Vader. ek hoop ek sal my pad so kan lewe met liefde en wyseid. daar is baie dinge in die lewe wat vir my onbekend is en my freesbevange maak, maar soos hulle se, beoefen alles maar behou die goeie (iets wat ek by mamma geleer het). mamma leer my om geduld te he met lewe,om te huil as ek hartseer is, lag as ek bly is en te bly glimlag as ek kwaad is. en mag ek n housvrou wees nes mamma (wel ek sal nou nie kan kook soos mamma nie maar sal probeer). en ma gan baie kom kuier. en kyk nou, nou begin ek sommer my eie blok hier op mamma se blok, ai. sien mamma later weer en ongelooflik baie liefies vir mamma en pappa.

    ReplyDelete
  2. Dit is wonderlik om die liefde tussen ma en dogter te kan sien! Sterkte en voorspoed vir julle altwee!

    ReplyDelete
  3. Dankie Paula ek waardeer baie.

    ReplyDelete